Kom saam, kom lewe met… ʼn Uitnodiging om saam met Jesus te kom deelneem aan die verandering van ons wêreld

Leraars en lidmate word uitgenooi na hierdie Skrif-retraite na aanleiding van Lukas se verhaal oor Jesus se lewe met die uitdagings van sy tyd. Oor die paar dae sal jy geleentheid kry om diep in te delf in Lukas se verhaal, om na te dink oor die lewe van Jesus en om te deel met en te luister na mede-kursusgangers.

Datum: 28 April – 1 Mei

Plek: Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit, Wellington.

Fasiliteerders:   Johann du Plessis en Riaan van der Merwe

Om in te skryf, vul die aangehegte inskrywingsvorm in en stuur terug aan bestera@sun.ac.za voor 18 April.

LW Daar is slegs vir 12 persone plek