About Kaapkerk

This author has not yet filled in any details.
So far Kaapkerk has created 2657 blog entries.

NG Durbanville huwelikskursus 2019

NG St. Stephen’s bring hulde aan tannie Helen

St Stephen's gemeente skryf soos volg oor tannie Helen: Alles is uniek aan tannie Helen.  Helen Josephine Duarte, gebore 28-06-1927, beter bekend as Suster Duarte of tannie Helen is hierdie jaar 92. En nie sommer enige 92 nie. Van kindsbeen af moes sy haar ouers help om haar jonger broers en susters groot te maak. [...]

Koringberg kry biblioteek!

Op 24 Junie 2019 het Little Seeds, in samewerking die Sinode van Wes-Kaapland, 1000 boeke aan die NG Gemeente Koringberg oorhandig. Die projek met die titel “Laat wiel vir lees” is deur Diaconia by die sinode geloods en het oorweldigende reaksie ontvang. Sinodeganger is gevra om boeke te skenk vir kinders tussen die ouderdomme van [...]

Huis Zonnekus: Gee jou Hart-musiekaand 23 Augustus 2019

Gee Jou Hart saam met Riana van Wyk & vriende ‘n Lekker musiekaand word op 23 Augustus in die Vredelust Kerksaal, in Boston Bellville vanaf 19:00 gehou. Riana van Wyk en vriende gaan optree en hulle gaan musiekgenres van country, goue oues, Afrikaans en geestelike musiek sing. Hierdie talentvolle vertonings kan definitief nie op uitgemis word nie!  [...]

CLF pamfletkatalogus en -bestelvorm 2019

  23 Junie was Biddag vir Alkoholiste en middelafhanklikes. CLF het ‘n wye verskeidenheid sosiale kwessie pamflette, onder andere pamflette vir alkoholiste en alkoholmisbruik. Hierdie pamflette is beskikbaar in verskeie tale en ideaal vir uitreike in gemeenskappe, projekte in samewerking met ander NWO of organisasies of selfs vir persoonlike kontak met individue. Hiermee die lys [...]

Vishoek uitreik na Sutherland 2019

Martin Barnard van NG Vishoek skryf soos volg oor hulle uitreik gedurende die afgelope skoolvakansie: Ons gemeente was vanaf 15-22 Junie betrokke in Sutherland. Ons is ʼn span van 62 wat verdeel is in ʼn Onderhoudspan, Seniorbedieningspan, Ontwerpspan asook ʼn Volwasse- en Jeugspan. Die Onderhoudspan fokus by die skole op opleiding in die gebruik van [...]

Voorgestelde gebooie vir sosiale media

  Bron: Facebook

Michiel Strauss na Groote Kerk Julie 2019

Lees hier hoe Riaan de Villiers van Groote Kerk vir Michiel Strauss verwelkom: “Ons het na 'n baie lang proses van gesprekke, onderskeiding en gebed 'n beroep vir 'n nuwe leraar uitgebring vroeër die jaar. Ons is baie dankbaar vir dr. Michiel Strauss wat die beroep aanvaar het en vanaf 1 Julie 2019 by ons aangesluit [...]

Pierre Burger groet NG Caledon-Wes

Pierre Burger het op Sondag 7 Julie om 09:30 sy afskeidspreek by Caledon-Wes gemeente gelewer. Hy en Natasha was sedert 2016 in die gemeente, en voor dit het hy by NG Noordkus bedien. Die jong egpaar is op pad Nieu-Seeland toe - lees hier Pierre se groetboodskap: En so kom 'n hoofstuk in ons lewens tot [...]

Na-Pinkster Retraite by Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit, Wellington

Kobus Mouton fasiliteer van 12-14 Julie 'n driedag werkwinkel-styl retraite by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington. Sien meer besonderhede hier.  Kontak Derine Piek by admin@andrewmurraysentrum.co.za.