Die Bellville Senior Sentrum (Chrismar Villas) bied op Saterdag 27 Julie vanaf 10:00 tot 14:00 ‘n koffiewinkel in hul eetsaal aan.  Daar sal gekies kan word tussen ‘n verskeidenheid eksotiese koeke, interessante ligte etes en ook warm tuisgebakte brode.  Alle produkte kan weggeneem word.

Dit is ‘n ideale geleentheid om u familie of ‘n vriendin te bederf en terselfdertyd ‘n goeie saak te ondersteun.