Kom kyk, kom voel, kom proe by WINTERMARK 2018!

Bellville se alombekende WINTERMARK word vanjaar reeds vir die 15de jaar aangebied – van Dinsdag 19 Junie tot Saterdag 30 Junie in die saal van Bellville-Vallei-gemeente, St. Andrewstraat, Oakdale.

Die meer as 100 uitstallers waarborg ’n groot verskeidenheid tuis- en handgemaakte produkte waaruit besoekers kan kies en keur.

Ruan van Heerden (’n bekende spysenier by Kersmarkte, troues en ander groot onthale) verseker weer dat ’n wye reeks disse (ook afval) heeldag beskikbaar is.
En moenie van die soetversoekings  by tee- of  koffietyd vergeet nie!

WINTERMARK 2018 is oop van 09:00 tot 20:00 op weeksdae en Saterdae van 09:00 tot 17:00.

Dit is ’n gesamentlike projek van die gemeentes Bellville, Bellville-Wes, -Vallei, -Riebeeck, -Noord, La Belle en La Rochelle.  Die wins word vir barmhartigheid-  en evangelisasiewerk aangewend.

Navrae: Elmarie van Heerden (082 699 6076)