Blancogemeente George

👤 Kaapkerk Kommunikasie

JEUGWERKERSPOS

Blancogemeente volg Jesus, waar ons is, wanneer ons daar is. Ons doen dit deur te leer uit God se Woord, om Hom saam met mekaar te aanbid, om vir mekaar om te gee en deur te dien in die gemeenskap waar ons elke dag saam met God die pad stap. Ons soek iemand wat lief is vir die Here, ‘n rolmodel is wat tieners en kinders wil vorm en inspireer, en wat ‘n geestelike pad saam met hulle sal stap.

Kriteria:

  • Die persoon moet tussen 20 en 30 jaar oud wees.
  • Hy/sy moet ‘n matrieksertifikaat hê.
  • ‘n Geldige motorbestuurslisensie hê en oor eie vervoer beskik.
  • Rekenaarvaardig met programme soos Word, PowerPoint, Excel, ens.
  • Vaardigheid in skoolsport en of musiek
  • Afrikaans en Engels magtig

Pligte en verwagtinge (volle posbeskrywing kan aangestuur word per versoek) :

  • Verantwoordelik vir die skole se program saam met ander jeugwerkers
  • Betrokke by Blancogemeente se jeugprogram
  • Inskakeling by opleiding en mentorskap programme van die gemeente en plaaslike laer- en hoërskole

Werksure:

  • Weekliks: Skool ure en ook naskoolse aktiwiteite (sport of kultuur)
  • Naweke: Skool sport program & Sondae gemeente jeug program

Dienstermyn :

  • Die aanstelling is ‘n kontrakpos vir ‘n 12 maande periode.

Vergoeding :

  • Markverwante salaris
  • Koshuis inwoning is beskikbaar vir suksesvolle kandidaat

Aansoeke

Stuur alle aansoeke met ‘n volledige CV en verwysings of enige navrae per epos na kantoor@blancogemeente.co.za. Geskikte kandidate sal genooi word vir ‘n onderhoud. Indien jy teen 15 Junie 2026 nie gekontak word nie, aanvaar jou aansoek is onsuksesvol.

Sluitingsdatum vir aansoek: 31 Mei 2026
Aanvangsdatum: Vanaf 1 September 2026

Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook: