Ds. Jannie Groenewald van die VGK skryf die volgende oor die Brugkursus wat hy in 2017 bygewoon het:

“Ek het die kursus baie geniet. Die aanbieders is fantasties. Die kursus het my laat besef dat brugpastoraat baie meer is as net ‘n aflosbediening. Die kursus rus jou toe vir die uitdagings en geleenthede van brugskap. Ek dink die kursus is noodsaaklik vir elkeen wat belangstel in brugbediening. Ek dank die Here vir die voorreg om die kursus te kon voltooi.”

Kontak Mathilda (Gemeentebegeleiding) by mdup@sun.ac.za of 021 808 3265.