Die April-uitgawe van LiG vertel …

Ons vier Paasfees in LiG se April-uitgawe! Lees hoe ons God se omgee by die kruis beleef, en hoe jy jou oorvloed in Jesus kan vind. Daar is ook ‘n mooi krans wat jy met lap en knope kan maak.

Ons gesels met Rina Hugo oor haar loopbaan en haar huwelik van byna 50 jaar. En hoor Hykie Berg se inspirerende storie waar hy Jesus se liefde gesien en gevoel het.

Ons gee raad oor hoe om met jou kind oor geweld in die Bybel te praat, en wat jy kan doen om jou kind se geestelike gawes te ontdek.

Lees die verhaal van ‘n vrou wat deur haar kuns genesing vind, en ‘n gewone man wat die wêreld verander deur stories voor te lees.

Ons wonder ook oor genadedood, en wat ‘n gelowige daarvan moet dink.

Jongste Bybelkor-publikasies …

Laat die kindertjies na My toe kom – Kinderkategese

Hierdie ses aktiwiteitsboeke bied aan jong kinders selfdoen-aktiwiteite gegrond op sleuteltekse in die Ou Testament (boeke 1 – 3) en die Nuwe Testament (boeke 4 – 6) van die Bybel.

Deur hierdie aktiwiteite leer ken die kinders op ʼn prettige manier 90 stories uit die Ou en die Nuwe Testament wat ʼn belangrike rol in ons geloofsvorming speel.

Prys: R35,00 elk (BTW en posgeld in RSA ingesluit). Reeds beskikbaar.

Hierdie reeks van ses aktiwiteitsboeke is ook in Engels beskikbaar.

Inligting, navrae en diensverskaffing:

  • Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210
  • Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
  • Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

 

Groete vanuit Wellington.

Strydom Bruwer

Bybel-Media

E-pos: strydom@bmedia.co.za

Tel: 021 864 8223