Bybel-MediaNUUT

Lees in die kerkbode van 19 Mei …

Kerkbode 19 Mei 17 In Kerkbode van 19 Mei kan ‘n mens lees oor die hofsaak oor godsdiens in skole, oor die nuwe moontlikheid vir eenheid in die NG Kerkfamilie, oor die Vrystaatse jeugkongres en oor verskeie geleenthede wat met Andrew Murray verband
Daar is ’n verhaal van ’n jong gelowige wat met vlieë boer uit besorgdheid oor God se aarde en een oor ’n man wat blinde kindertjies leer hoe om met hulle wit kieries in die openbaar reg te
Lees oor ’n kunswerk oor die hemelvaart en oor ’n ander kunswerk wat by die Kweekskool op Stellenbosch opgerig is.

Prof Cas Wepener gesels oor sy skryfwerk en dr Frits Gaum oor die kerk en die hof.

Die Junie-uitgawe van LiG vertel  van …

Ons vier Pinksterdag op 4 Junie, en in dié uitgawe van LiG brand ons vreugdevuur hoog, want “die Gees wat God ons gegee het … vul ons met krag en liefde en selfbeheersing” (2 Tim 1:7)  LiG Junie 17

In die Junie-uitgawe vertel Minki hoe die pad na haar hart loop. Die opera-ster, Pretty Yende, gesels eksklusief met LiG. En die ma van ‘n blinde seuntjie vertel hoe hy vir haar ‘n bril van hoop geword het.

Ons gee raad vir daardie vurige kind van jou en hoe om in elke seisoen van jul huwelik die liefdesvlam hoog te laat brand. Lees ook van al die goeie redes waarom kinders buite moet speel.

Het jy al ooit gewonder watter woorde eer God? En waarom dit belangrik is om deel van ‘n gemeenskap van gelowiges te wees? Lees hieroor in LiG.

Nuut in LiG! Milanie Vosloo skryf oor stilwees en Lizette Murray oor gesinsake.

Jongste Bybelkor-publikasies …

Cultivating missional change

Cultivating Missional ChangeEditors: Coenie Burger, Frederick Marais and Danie Mouton

Cultivating missional change reflects extensively on developments in the broad missional movement since the publication of the seminal book Missional church (1998). Purposely looking backwards, it endeavours to discern the way forward for missional theology and missional churches.

This publication is the outcome of a conference on the future of missional theology and missional churches, held in 2015 in Stellenbosch, South Africa.

Price: R390,00 (VAT and postage included). Is Maandag 15 Mei bekendgestel.

Kreatiewe kopskuif … Heleen Meyer

Kreatiewe kopskuif is ʼn leefstylgids met ʼn verskil. Daar is 90 handgetekende sketse, elk met ʼn kosgedagte waaroor jy kan nadink en ʼn praktiese wenk of stukkie raad om te volg terwyl jy jou eerste treë na ʼn gesonde leefstyl en kreatiewe kopskuiwe gee.   Kreatiewe Kopskuif

Om in te kleur is terapeuties. Terwyl jy die handgetekende sketse geniet, dink na oor hoe jy ʼn gesonde leefstyl ʼn langtermyn-doelwit en lewensgewoonte kan maak. Rig jou gedagtes op iets mooi en kreatief en wees konstruktief terwyl jy besluit hoe om die gedagte of wenk vir die dag prakties deel van jou lewe te maak.

Prys: R160,00 (BTW en posgeld ingesluit). Hierdie week beskikbaar.

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

  • Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210
  • Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
  • Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: bybelmedia.org.za , klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Groete vanuit ‘n droë Wellington.

Hans Steyn

Bybel-Media

E-pos: hans@bmedia.co.za

Tel: 021 864 8223