23 Junie was Biddag vir Alkoholiste en middelafhanklikes. CLF het ‘n wye verskeidenheid sosiale kwessie pamflette, onder andere pamflette vir alkoholiste en alkoholmisbruik. Hierdie pamflette is beskikbaar in verskeie tale en ideaal vir uitreike in gemeenskappe, projekte in samewerking met ander NWO of organisasies of selfs vir persoonlike kontak met individue.

Hiermee die lys van pamflette wat oor alkohol handel.

Wat doen drank aan my ongebore baba? (AFR143, ook in Engels en Xhosa)

Hoe gemaak met my vriend alkohol? (AFR148)

Alkohol – iemand na aan my drink te veel (AFR163, ook in Engels en Xhosa)

Alkohol – ken jy die feite? (AFR164, ook in Engels en Xhosa)

Alkohol – hoe weet mens daar is n probleem? (AFR165, ook in Engels en Xhosa)

Hier is ook die volledige pamfletkatalogus en bestelvorm .

Kontak gerus vir Berlisé Louwrens met navrae by 021 864 3707 of berlise@clf.co.za.

Bestellings kan gestuur word na order@clf.co.za.