Gustav Meyer, voorsitter van die taakspan vir nuwe geloofsgemeenskapsontwikkeling, reflekteer oor die lesse wat die kerk uit COVID-19 kan leer. Volgens Gustav word daar gesê dat ons vir die eerste keer wêreldwyd saam in “oorlogtyd” leef. Ons gemeenskaplike vyand is die onsigbare Corona-virus, wat die hoogs aansteeklike en dodelike COVID-19-pandemie veroorsaak.
“Versigtigheid, vrees, onsekerte , alleenheid en vinnig verliese verwerk, is ons nuwe normale lewe. Wat daarvan as elkeen in ons unieke sosiale, ekonomiese en religieuse kontekste dit probeer regkry om die veranderinge wat COVID-19 meebring te begin erken, omarm, op te hou verlang na die “goeie ou dae” en te herbesin, of te “reset”. Miskien sien ons dan selfs ‘n nuwe geleentheid of twee raak in die tyd. Daar is sommige wat al hieroor getuig.
Hy reken dat Dietrich Bonhoeffer se eie herbesinning ons vandag meer kan help as wat ons mag glo. Bonhoeffer het self tydens die Tweedewereldoorlog met amper dieselfde eksistensiële vrae geworstel.
“Waarmee Bonhoeffer ons help is om Jesus Christus werklik eerlik die middelpunt van ons geloof in God en die gebroke werklikheid te maak. Om Jesus die bril te maak waardeur ons na alles, almal en die realiteit kyk. Ook die kerk en COVID-19. Soos Johannes, Paulus, Luther, Kierkegaardt en Barth ken Bonhoeffer geen ander God as die God wie se naam Jesus is nie.
Lees Gustav se volledige artikel hier.