NG Gemeente Wellington-Oos
👤 Kaapkerk Kommunikasie
VAKATURE: DIENSLERAAR
Die NG Gemeente Wellington-Oos stel hiermee, in biddende afhanklikheid van God, ‘n vakature bekend vir ’n jong en dinamiese aansoeker om die pos van Diensleraar in die gemeente te vul.
Gemeenteprofiel:
Die gemeente is geleë in die skilderagtige en vinnig groeiende Bolandse dorp Wellington. Die gemeente is 52 jaar oud en bestaan uit ongeveer 1200 belydende lidmate en 400 dooplidmate. Een voltydse leraar sien tans om na die geloofsgemeenskap. ʼn Sterk familie en missionêre gerigtheid, ondersteun deur die visie en missie, dring lidmate om ʼn verskil in die wêreld te maak. Die gemeente is in ʼn voortdurende proses van bedieningsvernuwing en wil graag ‘n Diensleraar (Jeug- en Familiebediening) aanstel om die gemeente, saam met die voltydse leraar, te lei en te bedien.
Ons visie:
Wellington-Oos is ʼn Geesvervulde gemeente wat, saam met ander, vir Jesus in die wêreld volg.
Ons missie:
Om mense aan Jesus te bind, om mense aan mekaar te bind en om onder leiding van die Gees ʼn verskil in die wêreld te maak.
Leraarsprofiel:
- • Artikel 9 van die kerkorde word beskou as die vertrekpunt vir die taakomskrywing.
- • ‘n Lewende en passievolle verhouding met die Here;
- • Spesialisveld: Effektiewe Jeug- en Familie-bediening (ingesluit kategese-bediening);
- • Mede-verantwoordelikheid vir:
- o Begeleiding van lidmate om hul missionale identiteit in die gemeenskap te vind en te ontwikkel en om God se koninkryk in Wellington en die wêreld uit te bou;
- o Strategiese leiding en vaardige bestuur van die gemeente;
- o Pastorale versorging;
- o Toerusting van lidmate deur die bevordering van dissipelmakende prosesse;
- o Skrifgefundeerde en dinamiese woordverkondiging;
- • Sterk aanvoeling vir kerk-administrasie en -organisasie;
- • Spanspeler wat gemaklik met mense van verskillende ouderdomsgroepe kan omgaan.
Vergoeding:
Die vergoedingspakket (TKVI) wat aangebied word, is volgens sinodale riglyne vir ‘n Kerf-11 Diensleraar aanstelling.
Aansoeke:
U aansoek moet ʼn volledige CV en minstens 3 referente met kontaknommers insluit. ‘n Skakel na ‘n onlangse aanlyn-diens sal u aansoek versterk. Stuur asseblief u aansoek per e-pos aan: Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za
Sluitingsdatum:
26 Januarie 2026
Diensaanvaarding:
1 Junie 2026
Navrae:
Ds Cornis Botha (leraar) 078 973 3307
Herman le Roux (Voorsitter van Pre-advies) 083 441 9455
(Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak uit die aansoeke nie.)


