NG Moedergemeente George

👤 Kaapkerk Kommunikasie

MEDELERAAR

In biddende afhanklikheid van God nooi NG Moedergemeente George gemeente leraars uit om aansoek te doen vir aanstelling as medeleraar, om ’n sleutelrol te speel in die gemeente se reis van vernuwing en volhoubare impak.

Gemeenteprofiel

Die gemeente is geleë in die hart van George in die Tuinroete, ’n dinamiese en groeiende streek met ’n diverse gemeenskap. Die gemeente bestaan tans uit sowat 1,300 belydende en dooplidmate. Die gemeente het ’n ryke geskiedenis, en die bediening word tans deur ’n voltydse leraar behartig, met ondersteuning van verskeie kommissies en bedieningspanne. Die gemeente is besig met ‘n visioeneringsproses. Die skep van ’n sterker fokus op gesinne, jeug, toerusting van lidmate en gemeenskapsbetrokkenheid, vorm deel van die gemeente se roeping om as ligdraers ’n betekenisvolle verskil in die breër gemeenskap te maak.

Leraarsprofiel

Die rol sal fokus op o.a. jeug- en gesinsbediening, is uitdruklik toekomsgerig, en vereis iemand wat gemaklik is om binne gestruktureerde stelsels te werk, maar ook passievol vars denke en momentum kan bring. Sleutelverantwoordelikhede sluit in:

  • Leiding en ontwikkeling van ’n geïntegreerde jeug- en gesinsbediening.
  • Uitbouing en bemagtiging van lidmate vir dienswerk en gemeenskapsinisiatiewe.
  • Ontwikkeling van lidmate se gawes met ondersteuning van die Kerkraad en kommissies.
  • Prediking en die leiding van beide klassieke en kontemporêre eredienste.
  • Aktiewe betrokkenheid by herderlike en pastorale sorg.

Vereistes

  • ’n Geordende bedienaar van die Woord in die NG Kerk.
  • Ten minste Vyf jaar se bedieningservaring.
  • Vorige ervaring in die leiding en groei van jeug- en gesinsbediening.
  • Sterk interpersoonlike, span- en fasiliteringsvaardighede.
  • ’n Praktiese ingesteldheid met ’n sterk fokus op uitvoering en opvolg.
  • Ondervinding in ’n groter of stedelike gemeente kan ’n aanbeveling wees.

Vergoeding

Vergoeding sal geskied volgens toepaslike salarisskale en kerklike riglyne vir diensvoordele.

Aansoeke

  • Alle aansoeke moet vergesel word van ‘n volledige CV, wat die vereistes van hierdie advertensie aanspreek, sowel as 3 referente. Vertroulikheid sal hoë prioriteit geniet.

Sluitingsdatum: 14 Maart 2026.

Stuur aansoeke/navrae aan:
Die Voorsitter
Pre-Advieskommissie
E-pos: aansoeke@caw.org.za

Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook: