Lourens van Vuuren, tot in Junie 2018 leraar by die NG Gemeente Heidelberg, rig die volgende versoek aan enigiemand wat kan kom help met NG Merweville se 2019 Dankfeesvoorbereidings:

Teen die middel van 2018 moes ek die bediening na 30 jaar (waarvan 17 jaar op Merweville was) verlaat agv Parkinsons wat my spraak erg aangetas het.

Omdat ek  oortuig is dat die Here nog steeds vir my en my vrou ‘n plan en plekkie het, deel ek graag die volgende met u.

Net soos gemeentes uiteik na Mosambiek en wie weet waar, is daar ‘n groter behoefte dat gemeentes ook hier plaaslik na mekaar kan uitreik.

So beleef die nou al besondere gemeente van Merweville in die hart van die Karoo  (die Koup), dat haar lidmate al  minder en al ouer word.

Die hande om steeds ‘n groot sukses van hul befaamde Dankfees te maak raak nou net te min.

Uit baie baie jare se ervaring van die Here se troue sorg vir sy kerk,  ten spyte van min mense en uitmergelende droogtes sal die Here se kinders nie opgee nie.

Daarom neem ons die vymoedigheid om oud-lidmate, vriende, gemeente kinders en almal vir wie die Here dit op die hart kom lê, om gedurende die  twee weke te kom help werk om Dankfees 2019 ‘n groot sukses te maak tot eer van God. Ons nooi u uit om op u eie, as gesin, as span vriende, of hoe ookal  op die volgende datums , soos dit vir u moonlik is met ons te kom saamwerk en iets van die Karoo mense se liefde vir hul God en egte  Karoo gasvryheid te beleef.  Merweville se dankfees is ‘n ervaring wat jou lewe gaan verander en gaan verseker dat dit nie die laaste keer gaan wees dat jy hierheen kom nie.

Wanneer: Die twee weke rondom Paasnaweek, 15 – 18 April en 22 – 26 April

Waar:  NGK Merweville kerksaal

Ons kan planne maak om saam  te ry. Ook wat oornagplek en etes en kos betref.

HOE en waarmee help ons?   Vleiswerk, pasteie, wors, biltong, koeke, braaivleis, vleistafel en noem maar op. Hierdie werkery is ‘n belewenis. Jy ontdek dalk op hierdie reis gawes en talente waarvan jy nie geweet het nie. Ons maak dalk vriende wat kosbaarder is as goud.

Dalk roep die Here jou, jou gesin en dalk jou en jou vriende om in medegelowiges en ‘n mede gemeente te gaan help.  Al is dit net om koffie te maak en te ondersteun.

As u die Here se stem in hierdie oproep hoor, skakel vir Ester by die kerk kantoor op  Merweville of Ds Herman Burger. 0235014061 of 0235014011.   Die reaksie van lidmate van Merweville is groot dankbaarheid en ‘n opgewondenheid oor die vooruitsigte van hulp. Net tien ekstra hande sal al ‘n reuse verskil maak en ‘n dag of twee se werk afhandel.

Dankie  dat ons hierdie boodskap met u kon deel .

Skakel bg persone indien u belangstel

Groete in Christus.

Lourens van Vuuren