Die pad na die vermindering van ons petrol-/dieselverbruik kan so lyk:

Eco-driving petrolverbruik ekologie1. Verstaan en erken dat ons as mense se lewenswyse ‘n groot bydrae maak tot
aardverwarming. Hierdie bydrae kan positief of negatief wees.

2. Verstaan en erken dat jy verantwoordelik is vir jou eie bydrae en dat jy elke dag daarvoor
verantwoording moet doen aan jouself, jou nageslag (te) en alle ander vorme van lewe op
die aarde.

3. Doen ‘n oudit om vas te stel wat jou persoonlike koolstofvoetspoor is. Ons kan net dit
bestuur wat ons meet. (Daar is talle meetinstrumente op die internet beskikbaar hiervoor.) –
– Hierdie een het ‘n opsie ook in Afrikaans:
http://www.footprintnetwork.org/resources/footprint-calculator/ ;
– hierdie een is WWF se weergawe en is in Engelse pond bereken:
http://footprint.wwf.org.uk/questionnaires/show/1/3/17 ,
– en hierdie is die webtuiste van Universiteit Rhodes wat verskillende opsies aanbied vir
individue en groepe wat hul koolstofvoetspoor wil bereken en bestuur:
https://www.ru.ac.za/environment/resources/carboncalculator/
Die meetinstrument sal aandui watter bydrae elke faset van jou lewe maak. Vervoer is een
van hierdie fasette.

Brandstof en omgewing4. Oorweeg die voorstelle van die meetinstrument (e) om aanpassings te maak in jou
lewensstyl. Ry en vlieg onder andere minder en plant genoeg bome om jou koolstof inpak te
neutraliseer. (Volgens die een meetinstrument wat ek gedoen het se berekening moet ek 22
bome plant om my voetspoor te kanseleer!)

Ons kerkleiers en vergaderings behoort vir die res van ons kerk hierin ‘n voorbeeld te stel. Volgende keer meer hieroor.

David Botha (nms Ekotaakspan)
dpbotha2@gmail.com