Gee Jou Hart saam met Riana van Wyk & vriende

‘n Lekker musiekaand word op 23 Augustus in die Vredelust Kerksaal, in Boston Bellville vanaf 19:00 gehou.
Riana van Wyk en vriende gaan optree en hulle gaan musiekgenres van country, goue oues, Afrikaans en geestelike musiek sing.

Hierdie talentvolle vertonings kan definitief nie op uitgemis word nie!   Die aand word aangebied as ‘n fondsinsameling projek vir Huis Zonnekus, ‘n program van Badisa in Milnerton.  Daar sal gelukkige trekkings wees en lekker verversings sal verkoop word.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Quicket onder –  “Gee jou Hart”.  Kaartjies is beskikbaar teen R80 per volwassene en R50 vir kinders en pensioenarisse. Rig navrae aan Lelani Vermaak by 021 552 2074 of
epos funding@huiszonnekus.co.za.

Die fondse wat ingesamel word, word aangewend om die beste gehalte versorgings aan ons bejaarde inwoners te verseker en vol te hou.

Die volgende link word gebruik vir kaartjie besprekings:  https://www.quicket.co.za/events/73534-gee-jou-hart-met-riana-van-wyk-en-vriende/