Die #imagine 2019 Experiences het regoor die land 6 259 bywoners verwelkom die naweek van 29-31 Maart. Dit was ʼn geseënde naweek gevul met samesyn, lofprysing, aanbidding, werkwinkels, groeptyd, en vele meer!

ʼn Vinnige opsomming van die inhoud van die naweek:

MY STORIE:

Dis nie maklik om ‘n Christen te wees nie. Die reis het soms MOEILIKE UITDAGINGS. Hierdie uitdagings kan vorm gee aan jou storie soms goed soms sleg. MAAR ontmoet God wat IN jou storie is. God sien jou nie as ʼn produk van jou geskiedenis of omstandighede nie. Hy kyk anders na jou. Jy het ‘n #ImagINe Christus STORIE!

ONS STORIE:

In jou lewenstorie het God mense geplaas, mense wie jou lief het, jou ondersteun en wie jou lewe BEĨNVLOED op ‘n positiewe manier. God roep jou om ook ‘n #brugbouer te wees; om ander lief te hê ten spyte van verskille. Hoe kan jy ‘n invloed wees in ander mense se lewens? Die “hashtag influencer” is reeds gemerk in 9 miljoen foto’s  op  Instagram.  Daar is die nuwe tendens wat maak dat almal glo hulle kan hulle kultuur beïnvloed deur kleredrag, styl, hoeveelheid aanhangers en “likes” ens. Maar, om ‘n IMAGINEER te wees beteken dat jy OOK ‘n invloed het. Een met ‘n doel en met ‘n groter storie ingedagte.

NUWE STORIE:

Wees waaghalsig – God wil jou  storie gebruik. Hy gee jou gawes.   Jy is Sy boodskap. 2 Kruise = #besig om ‘n verskil te maak.

DIE #IMAGINE STORIE:

God  daag jou uit om ʼn VOORBEELD TE WEES! Maar belowe ook Sy goedheid, trouheid; Sy genade, teenwoordigheid, liefde, en leiding, deur die Gees.

Jy is nou deel van die #imaginegenerasie.

Hier volg nog ʼn paar statistieke wat julle welkom is om te gebruik by terugvoer sessies by jul gemeentes of skole. Ons sien uit om julle volgende jaar deel te maak van hierdie wonderlike beweging!

Hoeveelheid teenwoordig:

Wes-Kaap: 1648

Oos-Kaap: 1269

Vrystaat: 1619

Limpopo: 1723

Altesaam was daar 4640 tieners, 810 vrywilligers, en 809 leiers

315 dorpe, 1411 kerke, en tussen 30 en 40 verskeie denominasies.

Gaan besoek gerus https://www.facebook.com/imaginemove/ en https://imaginemovement.co.za/ vir meer inligting, getuienisse, video’s en foto’s!

Luané McLachlan

#imagine Projekkoördineerder
luane.buys@gmail.com