Nasionaal Mei 2018

#imagine Nasionale vergadering en datum vir 2018

Die afgelope week het #imagine se nasionale span in Somerset-Wes bymekaargekom om die afgelope drie feeste in Bothaville, Jeffreysbaai en Bredasdorp te evalueer en te vier. (Sien foto bo.)

Anriëtte de Ridder skryf: “Ons is baie dankbaar oor die statistiek en stories wat ons gehoor het. Danksy vele borge en inisiatiewe, het die begroting van R1.3M ongeveer gelykgebreek, waaroor ons baie dankbaar is. Volg die imagine You Tube-kanaal vir al die videos van al die feeste: https://www.youtube.com/user/imaginemovementsa

‘n Groot dankie vir alle gemeentes, leiers en ouers wat deel van die #imagine familie is.”

Die datum vir die volgende #imagine fees is 6-8 April 2018.

Hier is ‘n grafiese voorstelling van die dorpe wat #imagine 2017 bygewoon het:

dorpe wat imagine 2017 bygewoon het