#K-imagine is ‘n geleentheid vir jongmense om mekaar oor kleurgrense te ontmoet en saam te droom oor die pad vorentoe. Dit is geinisieer deur jongmense van Khayelitsha na afloop van vanjaar se #imagine-experience en dit word ondersteun deur die #imagine-beweging.

Die geleentheid vind die 29ste September by Luhlaza Hoërskool in Khayelitsha plaas en tieners (en volwassenes) van oraloor die groter Kaap-omgewing word genooi om by te woon.

Verdere inligting en gratis kaartjies is beskikbaar by Wouter van Velden (wouter@ngkwelgemoed.co.za / 082 419 2118).

Kom bou saam brûe!