Hier is ‘n wonderlike geleentheid vir belowende kinders om ‘n goeie skoolopleiding te geniet. ‘n Kans om die lewe van ‘n minderbevoorregte kind in die Kaapstad-omgewing te verander.

Deel hierdie inligting asb met jou kollega, huishulp of andere wat dalk nie toegang tot e-pos of die internet het nie – en help waar nodig asb met die aansoekproses. Ouers moet aansoek doen wanneer hul kinders in Gr 6 is.

Die Kay Mason Foundation, ‘n nie-winsgewende organisasie, bied hierdie beurse aan – ‘n baken van hoop!

Lees meer – klik hier.

Kry die aansoekvorm hier. (Slegs in Engels beskikbaar, hoewel die program nie uitsluitlik vir Engelssprekende kinders is nie.) Aansoeke word per pos of per hand aanvaar en NIE per e-pos of faks nie.

Besoek gerus ook hulle webwerf by www.kmf.org.za en reageer voor 31 Julie 2018 om 15:00.