Wou jy nog altyd die Bybelstorie teken terwyl iemand dit vertel?

Kom leer om self basiese sketsbord tegnieke in te span om kinders se aandag te behou en ‘n verhaal kreatief uit te beeld. Jy hoef nie ʼn kunstenaar te wees om hierdie vaardigheid te bemeester nie! 

Kreatiewe gebed met kinders

Praktiese idees om gebed sinvol en lekker vir kinders te maak. Ontdek verskillende tipes gebede, leer ken spiritualiteite en ontvang tegnieke om gebed in klein en groot groepe te fasiliteer.  

Hoe kan jy tegnologie in kinderbediening inspan?

Ontdek hoe jy sosiale media platforms, WhatsApp en ander apps kan gebruik om te kommunikeer en verhoudings te bou. Hoe kan jy PowerPoint op die regte manier aanwend? Waar kry ‘n mens nuttige skakels vir kinderbediening webtuistes asook (gratis) video’s, foto’s en musiek? Kom raak tech savvy en gesels saam!

Hierdie is drie van die Kinderkonferensie (11 en 12 September) se twaalf werkswinkels. Lees gerus meer en kry jou inskrywing by http://kix.bybelmedia.org.za/ of kontak jeug@sun.ac.za