Die kortlyste van die Andrew Murray-prysfonds se pryse vir 2021 is pas bekend gemaak. Vanjaar sien die 43ste bestaansjaar vir die kompetisie wat in 1978 met Andrew Murray se 150ste geboortejaarherdenking geloods is. Die wenners word in April aangekondig. Die publikasies verskyn in alfabetiese volgorde.

1 Andrew Murray-prys vir teologiese publikasies in Afrikaans

Hoop, heling en harmonie: dink nuut oor siekte en genesing deur Malcolm de Roubaix, uitgegee deur Penguin Random House

Jesus vir almal deur Neels Jackson, uitgegee deur Lux Verbi

Kerk oor die muur of oor die rubicon? deur Frits Gaum, uitgegee deur Naledi

Om reg te stel deur Ernst Conradie, uitgegee deur Bybelkor

Ons glo in deur Dirkie Smit, uitgegee deur Bybelkor

Oop deure deur Coenie Burger, uitgegee deur CLF

2 Andrew Murray Desmond Tutu-prys vir algemeen-Christelike publikasies in ‘n amptelike taal van Suid-Afrika behalwe Afrikaans

Bold Bible Girls deur Lauren Jacobs, uitgegee deur Naledi

Destined to be Change Agents deur Fanie Richter en Laetitia Bull, uitgegee deur CLF

Grace upon Grace deur Johan Cilliers, uitgegee deur African Sun Media

Stuff we wish we knew before getting married deur Mo en Phindi Grootboom, uitgegee deur Lux Verbi

Ultimate Survivor deur Hykie Berg, uitgegee deur Lux Verbi

3 Desmond Tutu Gerrit Brand-prys vir debuutpublikasies in ‘n amptelike taal van Suid-Afrika

Die verlore seun van Gaatjie deur Ivor Swartz, uitgegee deur Lux Verbi

Heer, leer my u pad deur Paul Kruger, uitgegee deur Naledi

Honderd dae van dankbaarheid deur Francine Prins, uitgegee deur Lux Verbi

Kom sit aan deur Rudi Swanepoel, uitgegee deur Lux Verbi

Ons raaiselpad met alzheimersiekte deur Elise Nel, uitgegee deur Lux Verbi