Little Seeds vier vyf jaar van groei en genade!

👤 Wilmi Wheeler

Little Seeds Eenheid vir Vroeëkindontwikkeling het op Vrydag, 17 Mei hul vyfde verjaarsdag gevier. Dit was nie net ‘n mylpaal-viering vir hierdie gesamentlike inisiatief van Diaconia en Badisa nie, maar ook ‘n geleentheid vir getuienisse oor die organisasie se diepgaande impak op die lewens van duisende jong kinders, gesinne en gemeenskappe.

“Ons kyk met dankbaarheid terug oor die Here se werk deur Little Seeds Eenheid. Die vyf jaar is gekenmerk deur innovasie, kreatiwiteit, buigbaarheid en baie genade.

Little Seeds is dankbaar vir elke gemeente, maatskaplike kantoor en gemeenskap met wie ons kan saamwerk, toerus en begelei om hul gemeenskap se mees weerloses te dien – kinders! Little Seeds Eenheid se missie is om vir alle kinders in die Kaapland toegang tot kwaliteit VKO-dienste te skep, en ons kan getuig dat die Here goed was, en ons uitsien na ‘n volgende 5 jaar se avontuur saam met Hom!”

‘n Paar interessante feite oor Little Seeds Eenheid:

  • Die Eenheid is werksaam in 47+ verskillende gemeenskappe in die Wes-, Suid-, Noord- en Oos-Kaap.
  • Little Seeds Eenheid mobiliseer NG en VGK-gemeentes en Badisa maatskaplike kantore om kwaliteit VKO-dienste in hul gemeenskappe te implimenteer en/of te ondersteun.
  • Hulle is een van drie SmartStart franchisors in die Wes-Kaap. Daar is vyf “club coaches” in Little Seeds Eenheid se diens, wat toesien dat hierdie nasionale VKO-program in die Wes-Kaap geïmplimenteer word. Hierdie Club Coaches ondersteun 224 vroue wat dienste bied aan 1 740 jong kinders.
  • Little Seeds bied bestuursondersteuning aan 14 geregistreerde Badisa VKO-sentrums regoor die Wes- en Suid-Kaap.
  • Die Little Seeds leesgroep/storieverteller-inisiatief kan deur geletterde asook ongeletterde mense geïmplimenteer word om ‘n liefde vir lees by jong kinders te kweek.
  • VKO bied oneindige geleenthede vir gemeente-diakonaat en gemeenskapsbetrokkenheid. Gesels met ons oor die hoekom en hoe!

Kontakbesonderhede:

info@littleseeds.org.za

www.littleseeds.org.za

FB: @LittleSeedsUnitforECD

Little Seeds
Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook: