1 Desember is Wêreldvigsdag en CABSA herinner gemeentes aan die Verenigde Nasies se tema vir die jaar: Globale Solidariteit. Gemeenskaplike verantwoordelikheid. Hulle beklemtoon dat die COVID-19-pandemie ook die foutlyne van ons gemeenskappe blootgelê het. Die tema vra ook geloofsgemeenskappe of ons werklik in solidariteit met ander leef en hoe ons gemeenskaplik verantwoordelikheid kan neem vir ‘n wêreld wat gebuk staan onder die swaar las van talle pandemies. Lees die volledige liturgiese voorstel hier. Vir meer inligting, volg CABSA op Facebook.