Ons nooi julle om deel te wees van Magdalenahuis se visie: ” Uit liefde help ons heelmaak”. Maak met jou ondersteuning ‘n verskil aan die lewe van ‘n swanger mamma in krisis asook ‘n baba wat deur plasing by aanneemouers ‘n nuwe lewensreis begin. Dit moontlik gemaak deur die onbaatsugtige liefde van ‘n biologiese ouer.

Kom dans ritmies op musiek verskaf deur “Stephen’ van NSE Music” en lag tot jy lê vir die kwinkslae van Wicus van der Merwe.

Klink dit vir jou opwindend? Gee my ‘n luitjie – vir dit alles genoem slegs R4,800 vir 10 vriende/kollegas of familie – almal welkom. Enkelkaartjies teen R 500 per persoon.

Kontak my telefonies by: 071 151 3670 of per e-pos by elsa@magdalena.org.za
Moenie  die geleentheid mis nie!