Anelle Erasmus van MES skryf soos volg:

Dit was nog altyd MES Kaapstad se droom om naskool dienste uit te brei na die kinders in die gemeenskappe van  Belhar en Scottsdene (sien onder).  Beide gemeenskappe word bestuur deur ons sustersmaatskappy, Madulammoho Housing Association.  Die afgelope twee jaar was dit vir ons moontlik om vakansie programme aan te bied en sodoende kennis te maak met die kinders en gemeenskappe. Hierdie vakansie programme het ons in staat gestel om nou ‘n meer permanente diens aan te bied.  Ons doel is om laerskool kinders te inspireer en te bemagtig deur sosiale, geestelike en opvoedkundige programme aan te bied in a veilige omgewing.

Ons dienste het reeds 1 Februarie die jaar begin.  Ons jeugwerker, Edmund Martis, is in beheer van die wonderlike geleentheid.  Ons het reeds 15 to 25 kinders per gemeenskap. Die programme word 2 dae per gemeenskap aangebied van 14h00 tot 17h00.  Ons is baie opgewonde oor hierdie programme en sien uit daarna nuwe jeugleiers te sien uitstyg uit hierdie programme.

Ons vra al ons kerke om ons hande te versterk en te help met die behoeftes en vrywilligers. Voel vry om my te skakel met enige navrae.

Anelle Erasmus
anelle@mes.org.za