Die NG Kerk Bellville-Oos in De La Haye, Bellville het op Saterdag 19 Oktober weer ‘n potjiekosdag en kaartjies is nou te koop by die kerkkantoor.  Dit kan ook bespreek word by skriba@ngkbelloos.co.za.  Etes sal teen 13:00 gereed wees, maar kom kuier sommer van vroeg af saam.  Vanjaar is weer ’n verskeidenheid interessante potte beskikbaar, so spring gou om jou gunsteling te bestel.  Beskikbare potte sovêr sluit in Lam & Groente, Lamskerrie, “Kamma” Spaanse Hoender, Vark en Seekos. Die kaartjies kos R50.00.

Ondersteun ons asseblief en onthou die totale opbrengs gaan aan die kerk se uitreikprojekte.

Saam met die potjiekosdag kan ook twee koopbewyse ter waarde van altesaam R2 000.00 gewen word vir gebruik by die Tygervallei Sentrum. Vir slegs R10.00 staan jy ‘n kans om ‘n koopbewys van R1 500.00 of een van R500.00 te wen. Die wenners van dié kompetisie word op eers 31 Oktober aangewys, en sal persoonlik gekontak word. Kaartjies is by die kerkkantoor op die hoek van Park- en Constabelstraat beskikbaar. Kontak die kantoor by 021 948 5785 vir meer besonderhede.