Want ons is dankbaar vir só baie!

Die tyd om jou dankbaarheid te wys is hier en ons groot jaarlikse saam-eet-fees is net die regte ding daarvoor.

Op Saterdag, 16 November, leef ons ons dankbaarheid in vreugde uit met die fondsinsameling-saam-eet-fees …

… so begin solank met jou dieet sodat ons lekker kan saamkuier.

Saterdag, 16 November in Brackenfell Moedergemeente se groot saal, Kerkstraat, Brackenfell. 

Prys R80 per volwassene; R45 vir kinders onder 10jr en kinders onder 3jr kom gratis saamkuier.

Ons kuier van 18:00 af en oudergewoonte is ‘n sjerrie/sap ingesluit.

Soos julle weet benodig ons kos om te kan eet en die aand suksesvol te maak – so wys jou dankbaarheid en bring jou Kokkedoor gereg (of twee) vir almal om aan te smul. (Dit sal dus gaaf wees as elke volwassene ‘n gereg van ten minste 6 porsies kan bring; 2 volwassene ‘n gereg van 12 porsies ens.)

Kaartjies kan bestel word by die kerkkantoor 021 981 1247 of by Charmaine Nel (082 509 8749 / nel_charmaine@yahoo.com)