Liana Lourens laat weet oor hulle basaar op 30 Maart:

Die Moedergemeente in die Strand se Basaar, is die ideale lekkerte om die skoolvakansie mee af te sluit.

Met ‘n tema soos “Wenners in Christus”, met die Rugby Wêreldbeker as inspirasie, beloof dit om ‘n onmisbare makietie te wees.  Die afskopfluitjie blaas om 9h00 op Saterdag, 30 Maart 2019 en almal, van heinde en verre is welkom om hierdie grootse geleentheid te kom ondersteun.  Jy is ook welkom om te kom wys watter span jy ondersteun, en net dalk wen jy die Wêreldbeker!