Gaan stap op 24 Februarie saam!

Hou Saterdag 24 Februarie 2018 oop en bring jou familie en honde om saam te stap of draf. Inskrywings is aanlyn by www.entryninja.com
Die fondse is weer ten bate van die Echo Jeug Ontwikkeling. Hulle het tans twee huise in Table View, ‘n huis in Durbanville en een in Stellenbosch. Nog ‘n huis maak 1 Maart 2018 oop in Ysterplaat.

Vir meer inligting kontak gerus vir Niel Steyn by niel@echoyouth.co.za of 084 688 1080.