NG Gemeente LANGEBAAN
Vakature vir Jeugwerker – Termynkontrak
Sluitingsdatum: 11 Augustus 2017
Aansoek vir bogenoemde pos word ingewag – in biddende afhanklikheid voor God.
GEMEENTEPROFIEL: 1530 belydende en 279 dooplidmate uit alle ouderdomsgroepe.
Die NG Gemeente Langebaan beskik oor die bogenoemde pos as jeugwerker vir ‘n termyn van een jaar .
POSVEREISTE:
- Die geskikte kandidaat moet verkieslik oor ‘n toepaslike kwalifikasie beskik
- Oor die vermoë beskik om met alle ouderdomsgroepe van die jeug te kan werk
- Oor goeie organisatoriese vaardighede beskik
- Oor goeie kommunikasievaardighede en menseverhoudings beskik
PLIGTE:
- Pastorale versorging van die jeug op alle vlakke
- Beplanning van alle jeugaktiwiteite en jeugaksies
- Administratiewe funksies rakende jeugaktiwiteite
- Organisering van geestelike aktiwiteite (eredienste, kampe, bidure, ens.)
- Opleiding en toerusting van gemeenteleiers m.b.t. jeugaktiwiteite
- Fasilitering van organisatoriese take t.o.v. kategese.
AANSOEKE:
Aansoeke moet ‘n volledige Curriculum Vitae met die volgende insluit:
- Persoonlike besonderhede, ervaring en kwalifikasies
- Gawes en belangstellings
- Minstens twee verwysings
VERGOEDING:
- Volgens kerkraadsbesluit
DATUM VIR DIENSAANVAARDING: Onderhandelbaar vanaf 15 Augustus 2017
Die geskikte kandidaat moet hul volledige CV aan die ondergenoemde e-pos adres stuur:
AANSOEKE:
- Per e-pos ngklangebaan@mweb.co.za
Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag 11 Augustus 2017 om 12:00.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak uit die aansoeke nie.