Neem asb. kennis van die datum vir hierdie Mamma Konferensie, wat op 24 en 25 Augustus by Vredelust in Bellville plaasvind.

Sonja Basson skryf: “MomCon is heelwordtyd, myself-vind tyd, asemskep tyd.  Kom luister saam na ‘n groep stemme wat jou laat losruk van dit wat jou terughou, terwyl jy dans saam met nuwe vriendinne en deel word van ander ‘gutsy’ mammas. Hierdie jaar sprei ons ons vlerke en word verras met uitbundige Vryheid – saam.

Die konferensie sal volledig in Engels wees, omdat ons die hele mamma gemeenskap uitnooi.”

Kontak Sonja by sonja@churchadventure.co.za met navrae.