Die NG Kerk Wynberg bied op Sondag 3 Desember 2017 om 09:30 ’n program van gewyde musiek aan.

Koorwerke van John Rutter (A Clare Benediction), Karl Jenkins (Ave Maria, Benedictus, Lullay, Nunc Dimmittis), Max Reger (Maria Wiegelied) en Handel (Thanks be to thee) word onder leiding van Danie Smit uitgevoer.

Die program sluit ook solosang van Georges Bizet (Agnus Dei) en ’n fluitsolo van Massenet (La meditation de Thaïs) in. Die volgende soliste tree op: Minette du Toit-Pearce  (mezzo), Anna du Plessis (sopraan), Liesl Stoltz (fluit), Jana van der Walt (harp) en Nico Holtzhausen (trompet). Diederick Basson sal as orrelis optree.

Die program word as ‘n geestelike ervaring aangebied.

Almal welkom!