Drew de Kock van NG George laat weet soos volg:

Moedergemeente George hou DV Vrydagaand 24 Mei ‘n heerlike snoekbraai vanaf 18:30 as voorloper tot ons jaarlikse Kontrei Kermis op 25 Mei. Ons begin Sat.om 08:00 met ‘n smullekker ontbyt en van 09:00 is ons deure oop vir almal wat wil koop. Kom geniet die dag saam met ons!