NG Kerk Worcester-Audenberg
👤 Wilmi Wheeler
NG GEMEENTE
WORCESTER-AUDENBERG
Roeping: Saam nader aan God, asook medewerkers van God.
VAKATURE VIR LERAAR
VAKATURE: Enige persoon wat homself of haarself geroepe voel tot die bediening en wat aan ons Leraarsprofiel voldoen, is welkom om aansoek te doen.
Gemeente Profiel: NG Gemeente Worcester Audenberg is geleë in die pragtige dorp Worcester in die Boland, 100 km vanaf Kaapstad. Huidige lidmaatgetalle is 807 belydende lidmate en 207 dooplidmate. Ons gemeente is gestig in 1975 en ons vier vanjaar ons halfeeu fees.
Daar is ‘n gemeentediens wat meer formeel is met ouer lidmate en hoërskool kinders, gevolg deur ‘n diens vir gesinne met jonger kinders, wat oorvloei na kategese-bediening.
Leraarsprofiel:
Goeie interpersoonlike vaardighede en moet gemaklik in ‘n span funksioneer.
Goeie menseverhoudings handhaaf en passie hê vir bediening van die Woord in alle fasette van gemeentewerk.
‘n Lewende geloofsgemeenskap kan uitbou en saamneem op ons pad as missionale gemeente.
Moet albei ons dienste kan behartig met interaksie met die lidmate.
Gewensde ouderdom is tussen 35 en 45 jaar oud.
Mede dissipels en leiers kan oplei om lidmate te lei in dissipelskap.
Ervare en entoesiasties wees om op ‘n kreatiewe manier gebruik te maak van vernuwende tegnologie, sosiale media en musiek, om dit te gebruik as bedieningshulpmiddels.
Hooftake en verantwoordelikhede:
Artikel 9 geld, met hooffokus op ons gesinne met skoolgaande kinders en ontwikkeling van die jeugbediening.
Vergoedingspakket:
Volgens sinodale skaal.
Basiese salaris, pensioen, medies en vervoertoelaag volgens Sinodale riglyne. Behuising in pastorie is beskikbaar.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2025
Aanvangsdatum: 1 Julie 2025