Ons  nooi u uit na die volgende reeks gratis  Etensuurkonserte in Moedergemeente.  Ons vra donasies by die deur.  Koffie en iets daarmee saam sal te koop wees.

Kontak Gerrit Jordaan 072 760 3446.

Herfsseisoen Maart/April 13:10-13:50

07.03        Schubertiade  (Liedere van Schubert)

14.03     Outeniqua Hoër – Ensembles  (Musiekdepartement van Outeniqua Hoërskool, Instrumentale-, Vokale- en Jazz ensembles asook talentvolle jong spelers  Lara Vellema, Eliza Beyleveld, Kerwin Albertus en Franco Engelbrecht. )

21.03     Geen; kerk nie beskikbaar nie

28.03    Dalene Brits – klavier (Dalene Brits is ‘n bekende  konsertpianis, komponis en gewese dirigent van George Mannekoor. Dit  is ‘n voorreg om haar as solis te hoor met werke van Schumann en Albeniz.)

04.04  Bella Musica – kamermusiek (Calvin Steyn – viool, Ruan van der Vyver – fluit, Jessica Stark – tjello, Gerrit Jordaan – klavier/orrel, Adriaan Louw – perkussie speel ‘n gevarieerde program van delikate kamermusiek tot lighartige jazzverwerkings.)

11.04     Kunsliedere (Bekroonde soprane Alma Oosthuizen en Lidia de Villiers sing ‘n program van Afrikaanse kunsliedere van twee George komponiste Dalene Brits en Gerrit Jordaan. Die komponiste begelei hulle eie werke – Dit is ‘n uitsonderlike geleentheid.)

18.04     Gerrit Jordaan – orrel (Orrelis van Moedergemeente speel ‘n program met werke wat die unieke Hill-orrel (12e oudste in die land) ten beste illustreer – van Bach tot Reddy se Toccata vir Madiba. )