NG SIMONDIUM FAMILIEKERK      

Leraarspos: Twee jaar vastetermyn, met die opsie om dit te verleng

Sluitingsdatum: Sondag, 21 Julie 2019.

GEMEENTEPROFIEL

Die NG Gemeente Simondium lê in die mooi Paarlvallei, tussen Franschhoek en die Paarl, langs die R45. Die gemeente is ‘n klein, maar groeiende geloofsgemeenskap wat as familiekerk funksioneer. Die kerngroep van die huidige betrokke lidmate is tussen die ouderdom van 30-45 jaar.

Die gemeente beleef ‘n splinternuwe seisoen en is deel van ‘n snelontwikkelende en groeiende gemeenskap. Die gemeente wil loop in die spore van Jesus en daarom staan hulle vir waardes soos eenvoud, egtheid, inklusiwiteit en diensbaarheid.

DIE IDEALE KANDIDAAT 

  1. Energiek, passsievol en toegewyd
  2. ‘n Leier wat die gemeente op ‘n groei-pad kan neem
  3. Dinamiese en aktuele prediking
  4. Gesinsbediening
  5. Kinderbediening – huidige fokus op laerskool, met die potensiaal van ‘n tienerbediening
  6. Verstaan die leefwêreld van die millenials
  7. ‘n Bouer van verhoudings – met oud en jonk
  8. Waardes van eenvoud, egtheid, inklusiwiteit en diensbaarheid

VERGOEDINGSPAKKET

Onderhandelbaar – tot vlak 5 van die huidige sinodale skaal.

‘n Ruim pastorie is beskikbaar

AANSOEKE:

Stuur asseblief u aansoek en CV, met twee referente aan:

‘n Vraelys is op navraag beskikbaar en moet saam met die CV ingestuur word.

Kandidate wat die kortlys haal, sal gekontak word vir ’n onderhoud.

NAVRAE:

Ds André Theron (Brugleraar) sel: 076 903 8271

Elsabé Koch (Voorsitter van die kerkraad) sel: 073 301 2425

SLUITINGSDATUM: Sondag, 21 Julie 2019.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit enige van die aansoeke te maak nie.