So skryf die gemeente oor ds. Van Lill, wat vir 24 jaar in die gemeente bedien het en op sy 74ste verjaarsdag oorlede is:

“Ds. van Lill was ’n groter as groot mens, wat onthou sal word vir sy oulike staaltjies, grappe wat jou laat rol het en ’n warm drukkie wanneer jy dit broodnodig gehad het. Niks was vir hom te veel moeite nie. Ds. van Lill was by Sonnekus Gemeente van 1980 tot 2004, maar na sy aftrede was hy nog altyd betrokke by die gemeente en die hele gemeente het vir hom en Bernette ’n spesiale plekkie gehad.  Ons dra vir Bernette, kinders en kleinkinders in ons gebede. Ons dank ons Hemelse Vader dat Hy ons geseën het met ’n fenomenale persoon. Die mooi boek het afgesluit presies 74 jaar nadat dit begin was. Totsiens Ds. Christie. Ons sal altyd aan jou met die hoogste waardering en baie liefde dink.”

In Memoriam: Christiaan Johannes van Lill
13.4.1945 – 13.04.2019