Op Sondag 27 November van 09:30 tot 10:30 hou NG Toringkerk ‘n baie spesiale oggenddiens om hulle nuut-gedienste orrel, wat 109 jaar oud is, in te seën. Die altyd gewilde Libertaskoor, olv Johan de Villiers, tree op en gaan die Kersfeeswerke uit die Messias van GF Handel uitvoer.   Zorada Temmingh gaan die koor begelei en ook vooraf (van 09:00) werke op die orrel speel om dit na sy groot diens feestelik te vier en in te wy. Diegene wat nie Zorada se voorspel wil misloop nie, moet sorg dat hulle reeds 09:00 daar is.

toringkerk-en-zorada-nov-16