Nuwe pamflette by Christelike Lektuurfonds

By CLF word deurentyd pamflette oor relevante kwessies deur kenners op elke gebied ontwikkel.

Die jongste toevoegings en hersienings, is  nou beskikbaar.

Die Ramp-up organisasie wat hulle beywer om kerke meer besoekersvriendelik te maak vir mense met gestremdhede, het hulle handige pamflet hersien. Vir mense wat nie elke dag hierdie uitdagings in die gesig staar nie, is die eenvoudigste aksies dalk van die mees uitdagende vir diegene met gestremdhede. Een bejaarde laat weet dat sy van kerk verander het, omdat die kerk waarheen sy gegaan het, nie ʼn rolstoeloprit gehad het, waar dit vir haar makliker is om op te loop. Sy het dus ʼn kerk gesoek wat wel so ʼn oprit het, en dit is waarheen sy nou gaan. Lees meer in Are people with disabilities at home in the church? Wat jy en jou gemeente kan doen om almal welkom en ingesluit te laat voel.

In Nuwe hoop na egskeiding skryf Siegfried Louw dat egskeiding tweede op die lys is van die mees stresvolle goed wat in jou lewe kan gebeur. Hy gee sewe stappe om te neem oppad na die nuwe hoofstuk in jou lewe.

Twee pamflette deur dr Petrus Moolman verduidelik meer oor die alleenpad van Demensie en Alzheimers. Dit verduidelik wat elkeen van die toestande behels en gee handige wenke vir diegene wat direk en indirek daardeur geraak word.

Die pamflette is nou beskikbaar by CLF en kan bestel word by order@clf.co.za of 021 873 6964.