Ondersteun ons matrieks so!

Matrikulante van 2020 is baie ontwrig. Dinge waarna hulle uitgesien het soos interskole, matriekafskeid en sporttoere vind nie  meer plaas nie.  Daar heers ook nog baie onsekerheid oor die res van die akademiese jaar en die eindeksamen. Wil jy graag matrieks ondersteun? Die Jeug en Familie Taakspan het die volgende hulpmiddels bymekaar gesit om jou te help.
* Inligtingsgrafika met handige 7-stap riglyne
* Besoek www.dinkjeug.co.za vir podcasts oor ondersteuning en “debriefing” – ideaal vir ouers en kategete.
* Loer in VrydagNuus en laai ses sosiale media blokkies af om aan matrieks te stuur