Ons kyk baie kere na mense en die dinge wat hulle doen en dan besluit ons hoe hulle is. Jy kyk dalk na die ou wat baie gym en ek besluit dat hy bietjie dom is. Jy  kyk dalk na die meisie wat hokkie speel en besluit dat sy aggressief is. Wanneer ons dan oor mense begin praat, volgens die prentjie in ons koppe, begin ons ook om ander mense se persepsies te beïnvloed.

Wanneer ons ander dan volgens ons persepsies behandel, kan ons hulle beïnvloed om dit te glo dat hulle wel is wie ons dink hulle is. Jesus doen dieselfde met ons, maar altyd in ‘n positiewe manier; hy praat en behandel ons op ‘n nuwe manier wat ons identiteit vorm. Sy oortuiging is egter nie beïnvloed deur wat ons doen nie, maar beïnvloed deur die waarheid dat God ons geskep het, ons liefhet en geroep het.

Lees: Lukas 19:1-10
Jesus en Saggeus