Ontferm
Ontferm
PROJEKTE
Ondersteun projekte wat God se koninkryk op aarde bevorder en ‘n positiewe impak op mense se lewens het.
DIENSBAARHEID
Wees deel van ʼn geloofsgemeenskap wat ‘n teken en instrument van God se koninkryk is.
Nicea: ‘n Geloof wat aansteek en aanhou brand
Ná ’n naweek in Stellenbosch by die Nicea-konferensie is jongmense herinner: ons geloof is nie 'n dooie tradisie nie. Dis lewendig, deelbaar en tasbaar. ’n Vuur wat begin brand en aanhou leef in hulle woorde én dade.
1700-vieringe van Nicaea
By die 1700-jaar herdenking van die Belydenis van Nicaea het tieners en teoloë saam ontdek: geloof is lewendig. Soos musiek, roep dit ons op om te luister, te beliggaam en telkens nuut te interpreteer en te ontvang.
Uitsig kleuterskool
Uitsig Kleuterskool adverteer ’n skoolhoofpos vanaf 1 Aug. 2025. Aansoeke sluit 6 Junie. Stuur CV na bestuurshoof@uitsigkleuterskool.co.za.
Gun jouself gereeld ‘n “doodgaan-oefening” of twee
Wanneer ons deur donker tye gaan, lê die moontlikheid van nuwe lewe reeds in ons. Elke sterwe dra die saad van verbeelding, liefde en vryheid in sig. Marina de Wet se dogtertjie het haar onlangs gehelp om dit te besef.
NG Kerk: Ons is méér as eindelose bekgevegte
Die NG Kerk word te dikwels gereduseer tot slegs die besluite van die algemene sinode (AS) of tot omstrede teologiese debatte, skryf Maartje van der Westhuizen, assessor van die NG Kerk se algemene sinode.
NG Kerk Goudini sê: Dankie, Theresa – Welkom, Jonette!
NG Kerk Goudini groet met waardering vir Theresa Appel ná 21 jaar se jeugleierskap en verwelkom vir Jonette Cronje met opgewondenheid. ’n Nuwe seisoen begin, gebou op ’n sterk fondament van troue diens.
5 redes waarom gebed voor ete méér is ‘n gewoonte
“Vir spys en drank...” kan méér wees as ’n rympie. Lees hoe Elna Mouton ons uitdaag om "saying grace" te herontdek as ’n daad van teenwoordigheid, verbondenheid en betekenis - ’n mini-nagmaal waar kos en genade mekaar ontmoet.
Kuilsrivier – De Eike
Voltydse leraarspos beskikbaar by De Eike-gemeente in Kuilsrivier. Sluit aan by ons bediening teen 1 Jan. 2026. Sluitingsdatum: 30 Junie 2025 om 12:00.
Diaconia: Waar gasvryheid die taal van die kerk word
Diaconia droom van ’n kerk met vuil hande en oop harte. ’n Kerk wat nie net gee nie, maar sáám leef. Nicola Visser vertel hoe Diaconia help om predikante en gemeentes toe te rus vir barmhartigheid wat hande vat, luister en bou.
Boek bring stories van hoop, roeping en transformasie
Bakengemeentes vertel van hoop en roeping in ’n veranderende wêreld. ’n Beweging wat gemeentes help om met geloof en kreatiwiteit vorentoe te beweeg. Dié boek wys dat transformasie moontlik is waar gemeentes waag om nuut te dink.
Hemelvaart: hemel, aarde… en alles tussenin
Ontdek vier temas oor hoe die skepping betrokke is by die Hemelvaart. Die Groenspan deel ’n kort, liturgies-inspirerende refleksie wat hemel én aarde saambring in God se groot verhaal van redding. Die skepping was nie stil nie...
Zikomo-woonstelle in die mark
Die Zikomo-woonstelle in Sarel Cillierstraat, Strand is tans in die mark. Volgens Daniël de Wet van Afrika Ekumene is die besluit om die eiendom te verkoop nie ligtelik geneem nie, maar na deeglike oorweging.
Bly op hoogte!
Teken in op die VrydagNuus, ons weeklikse nuusbrief vol inspirasie.
Kontak Ons!
Fisiese adres:
Pastoriestraat 11, Bellville Sentraal, Kaapstad, 7530
Telefoonnommer:
021 957 7104
Kommunikasie e-posadres:
kommunikasie@kaapkerk.co.za