Ontferm
Ontferm
PROJEKTE
Ondersteun projekte wat God se koninkryk op aarde bevorder en ‘n positiewe impak op mense se lewens het.
DIENSBAARHEID
Wees deel van ʼn geloofsgemeenskap wat ‘n teken en instrument van God se koninkryk is.
Best Online Casino Canada: Accessibility for Players with Disabilities
Best Online Casino C
Agt gewoontes vir gelowiges in 2026
Van eerlike gebede tot stadiger Bybellees en heilige rus... Hierdie rubriek deel agt gewoontes wat gelowiges sal help om God se teenwoordigheid raak te sien in hulle gewone, onvolmaakte lewens in 2026. Die nuwejaar moet begin met genade, nie meer moeite nie.
Nooit te jonk om ’n verskil te maak nie
Die jaarlikse Tienerleier Indaba was beslis ’n eerste vir die historiese Andrew Murray Spiritualiteit Sentrum in Wellington! Ses-en-dertig entoesiastiese tienerleiers het geesdriftig kleur verleen aan die statige, eeue-oue geboue op die pragtige Bolandse dorp.
Vir almal vir wie Kersfees swaar is: so lyk ware vreugde
Wanneer Kersfees swaar voel, is vreugde moeilik om te vind. Hierdie Advent-rubriek nooi jou om weer te ontdek: ware vreugde is nie ’n gevoel nie, maar ’n geskenk van die Here. ’n Liggie wat bly brand, selfs in donker tye.
Die ware betekenis agter die kleurvolle stola
Die stola wek vandag soms verkeerde aannames, maar die betekenis daarvan lê diep gewortel in die kerk se tradisie. Maar wat beteken dit werklik? Hierdie rubriek verduidelik die kleure en simbole van die kerkjaar agter die stola.
NG Gemeente Wellington-Oos
NG Gemeente Wellington-Oos in Wellington adverteer ’n jong, dinamiese Diensleraar vir Jeug- en Familiebediening. Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Januarie 2026.
Groei is vrede en vrede is groei
'n Boer in Pearston het vir Barnard Steyn iets geleer eendag tydens 'n huisbesoek: Iets om te doen, iemand om lief te hê, iets om na uit te sien. Dit klink eenvoudig, maar dis alles wat 'n mens nodig het vir 'n gelukkige lewe. Dit herinner hom aan Psalm 128.
’n Advent-rubriek vir almal wat al ’n pakkie te erg ge-track het
Advent vertraag ons pas en wys dat God se koms nie soos Takealot se “same-day delivery” werk nie. Hierdie rubriek nooi jou om wag weer as ’n heilige, helende geloofsgewoonte te ontdek in ’n kultuur wat net spoed eer.
’n Viering van lig en vreugde!
Twee gemeentes in Kuilsrivier het op ’n feestelike manier die oordrag van ’n kerkgebou gevier. Die NG Gemeente Digtebij en die Morawiese Kerk Kuilsrivier stap al ’n lang pad saam – ’n pad vol uitdagings, maar uiteindelik ’n getuienis van vertroue in God se wil.
8 dinge wat ek vir my jonger dominee-self sou sê
Marié Britz neem die leser terug na die vreugdes en uitdagings van ’n jong dominee se eerste tree in die bediening. Ontdek agt lewenslesse oor roeping, rus, gesondheid en die vreugde om jouself in God se Woord te verloor.
NG Gemeente Worcester-Noord
NG Gemeente Worcester-Noord soek ’n bekwame orrelis om orrel/klavier te begelei by oggend- en spesiale dienste (Kers-, Paas-, Pinksterdienste). Aansoeke sluit 19 Jan. 2026 om 12:00. E-pos: worcesternoord@gmail.com
Morgenster Eeufees: Waar bome fluister en voete dans
Soms stap jy ’n plek binne en jy weet sommer: God werk al lank hier. Morgenster in Zimbabwe is so plek. "Dis nie net ’n eeufees nie, dis ’n heilige ontmoeting." So beskryf Daniël de Wet die 100-jaarviering van Murray Teologiese Kollege.
Bly op hoogte!
Teken in op die VrydagNuus, ons weeklikse nuusbrief vol inspirasie.
Kontak Ons!
Fisiese adres:
Pastoriestraat 11, Bellville Sentraal, Kaapstad, 7530
Telefoonnommer:
021 957 7104
Kommunikasie e-posadres:
kommunikasie@kaapkerk.co.za













