NG Gemeente Worcester-Noord
👤 Kaapkerk Kommunikasie
VAKATURE: ORRELIS
Die NG Gemeente Worcester-Noord het ʼn vakature vir ʼn orrelis wat, in noue samewerking met die gemeente se orkes en ander musikale aanbiddingsleiers, verantwoordelikheid sal aanvaar vir die gemeente se musiekbediening tydens erediens en ander gemeentelike byeenkomste.
Ons is op soek na:
ʼn Bekwame orrelis wat die gemeente op ʼn kreatiewe wyse met orrel en klavier kan begelei, sodat ons samesang potensiaal verder ontwikkel en verdiep kan word.
Verantwoordelikhede
- Oggenddienste met orrel en/of klavier begelei.
- Spesiale dienste begelei, soos onder andere:
- Kerssangdiens
- Paassangdiens
- Pinksterdienste
- Ander dienste en geleenthede volgens die kerkkalender
Vergoeding
Vergoeding sal met die geskikte kandidaat onderhandel word, na gelang van kwalifikasies en ondervinding, met inagneming van SAKOV se skale.
Aansoekproses
Aansoeke kan gerig en gestuur word aan die voorsitter van die Diensverhoudingskommissie [Jacques Jordaan] by: worcesternoord@gmail.com
Alle aansoeke moet vergesel word van:
- ʼn CV van hoogstens drie bladsye
- Beskikbaarheid vir ʼn onderhoud én ʼn begeleidingsbeurt tydens die onderhoud
Sluitingsdatum
19 Januarie 2026 om 12h00
Navrae
Mnr. Jacques Jordaan – 074 646 0004
Ds. Johan Nieuwenhuizen – 082 377 1110
Die KERKRAAD behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.


