Predikante in Sinodale Diens (PSD’s)
Die afkorting PSD staan vir Predikant in Sinodale Diens. Dit verwys dus na ‘n predikant wat voltyds of deeltyds in diens van die sinode is.
Sommige PSD’s is slegs vir ‘n gedeelte van hulle tyd in diens van die sinode, terwyl hulle vir die res steeds in (byvoorbeeld) ‘n gemeente werksaam is. Die PSD: Ondersteuningsdienste (Saakgelastigde) is byvoorbeeld vir 50% van sy tyd in diens van die sinode en vir 50% in diens van die Predikante Pensioenfonds (PPF) vir die vier sinodes (Noord-, Oos-, Wes-Kaapland en ook KwaZulu-Natal). Sommige PSD’s is gekoppel aan die VGK en ander aan die NGK.
Interessantheidshalwe: om stemreg by ‘n sinodesitting te hê, moet so ‘n PSD steeds aan ‘n gemeente gekoppel wees. So nie, woon hy/sy die sinodesitting as waarnemer by waar nodig.
Die PSD’s maak deel van die moderamen uit.
|
|
|
|
André Agenbag |
|
|
|
|
|
|
|
Navrae rakende predikante:
Kontak Adrienne Bester (Predikantebegeleiding) by bestera@sun.ac.za of 021 808 3382
Kontak Andrew Kok (Bestuurder: Argief) by argief@kaapkerk.co.za of 021 882 9923
Kontak Elmien Theron (kantoor van die saakgelastigde) by ngkadmin@kaapkerk.co.za of 021 957 7104
Rig navrae rakende die bevoegdheid (“status”) van predikante aan die Algemene Bevoegdheidsraad: Annari du Plessis, bevoegdheid@ngkerk.org.za of 012 342 0092.
Meer inligting oor die werksaamhede en rol van die onderskeie PSD’s is in die volgende video’s:
Diaconia – Nioma Venter
Gemeentebegeleiding – Gielie Loubser
Getuienisaksie – Kobus Odendaal
Predikantebegeleiding – Theunis Botha
Predikante Pensioenfonds – Bossie Minnaar
Publieke Getuienis – Braam Hanekom
Saakgelastigde – Bossie Minnaar
Seminarium – Eddie Orsmond
Teologiese Opleiding – Frederick Marais
Communitas het hulle 10e verjaardag op Vrydag 15 September 2017 op Stellenbosch gevier. Hier is vlnr Gielie Loubser, Pieter van der Walt, Eddie Orsmond, Theunis Botha, Anriëtte de Ridder, Frederick Marais en Ankia du Plooy.