Verskillende kerkgenootskappe het reeds mediaverklarings uitgereik na aanleiding van die bedanking van voormalige pres. Jacob Zuma op Woensdag 14 Februarie 2018.

Aartsbiskop Thabo Makgoba van die Anglikaanse Kerk in Suidelike Afrika het in sy verklaring verwys na die geleentheid wat ons land het om nuut te begin, ’n nuwe visie te vorm en nasiebou te bevorder. Lees sy verklaring, gedateer 15 Februarie 2018, hier.

Die SA Catholic Bishop’s Conference se president, aartsbiskop Stephen Brislin, wys op die simboliek van Lydenstyd: ’n verbintenis aan die nuwe en die aflê van selfsug onderweg na die hoop van Paasfees. Klik hier.

‘n Mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (South African Council of Churches), waarvan die NG Kerk ‘n lid is, is hier beskikbaar.

15 Februarie 2018.