Gys van Schoor skryf soos volg oor hierdie geleentheid:

Nog 6 weke na ons Geloofsvormingskonferensie in September met Jan Johnson!

Meer info en alle inskrywings geskied aanlyn by www.spiritualformation.org

Retraite 1: Trusting Jesus (Vrydag 13 September tot Sondag 15 September) 

Hierdie Retraite is amper vol. Onthou die Retraite vind plaas op die pragtige plaas net buite Greyton: The Oaks.  Die prys (R2050) sluit ALLES in.

Die Konferensie: Reflections on Spiritual Formation. (16-20 September, Maandag tot Vrydag)

Die program:

MONDAY                Understanding Spiritual Formation (The why/what)

TUESDAY               Dallas Willard’s contribution (An insider perspective)

WEDNESDAY         Connecting with God by What We Don’t Do

THURSDAY Connecting with God in Disciplines We Do

FRIDAY                  Ordinary Life with God: Practicing Simplicity

Die koste vir die 5 dae van die konferensie is R1000. Jy moet self jou verblyf reël. Ons beveel sterk die Greyton Lodge aan. Die groot afslagprys van die Lodge is R400 per persoon wat deel. Hierdie prys sluit ontbyt in. Die Lodge is baie sentraal geleë. Daar is nog ‘n paar kamers oop.

Reël ander verblyf deur www.greytontourism.com. Hulle het afslag beding. Vir groepe beveel ons huise aan om deur toerisme te huur.

Onthou: Jy reël self vir jou kos

NUWE INFO: Ons het vanweë navrae ook nou ‘n dagtarief vir die konferensie (R250 per dag) aangesien daar mense is wat net vir ‘n dag of 2 kan kom. Bespreek steeds aanlyn.

RETREAT 2: A Fresh Look at Jesus. (Vrydag 20 September- Maandag 23 September)

Die Retraite vind ook plaas op The Oaks.  Die prys is R3090 want dit is n dag langer (Tot die Maandag). Dit  sluit ALLES in. Dit is die 1ste naweek van die skole vakansie. Hier is daar nog heel wat plek beskikbaar.

Sien uit om jou te ontvang!

Seën

Gys en Thea