Vir aandag:  Alle Skoolverlaters!

Kom deel in die vakansie-avontuur en wegbreek van ‘n leeftyd ná die Groot Eksamen!  …teen ‘n sakpas-prys!

Wanneer? 29 Nov tot 6 Des 2017

Waar? Heroldsbaai – 300 m vanaf die mooiste strand aan die Suid-Kaapkus – splinternuut-toegeruste kampterrein!

Koste? R1000 pp vir die hele week!  Jip, kos en verblyf en ‘n rits “wegbreek” aktiwiteite ingesluit!

Jy moet net self daar kom!  Maar ons sal jou selfs by die bushalte of George-lughawe kom optel!

Kontak ons:
Vir Albé Theunnissen by albetheunissen@gmail.com of 082 928 3561.

Of:  Johan Engelbrecht by johan@ngkhartenbos.co.za of 082 372 672 9.

Of besoek ons facebook blad vir ‘n promo-video en inskryfvorm: www.facebook.com/matriekfees

Aan die einde van elke jaar kom matrieks van regoor die land bymekaar vir ‘n week van son en see, kuier, ontspan, vriende maak en sommer net “chill” naby die natuur en naby God. Moenie hierdie ongelooflike ervaring misloop nie!  Hierdie matriXpedisie word aangebied in samewerking met N.G. Kerk se Sinodale Jeugkommissie.