Saam staan ons sterk teen die koue!

👤 Wilmi Wheeler

Rampseisoen is op ons en as ons iets in die verlede geleer het, is dit om voorbereid te wees. Diaconia vorm deel van die RESPOND-netwerk, ‘n koalisie van kerke en NRO’s wat in die Wes-Kaap begin het. Die koalisie het gegroei uit ‘n erkenning vir meer gekoördineerde reaksies op rampe. Die netwerk vertak tans na ander provinsies in Suid-Afrika.

Tydens tye van rampe bied RESPOND ondersteunende noodhulp, met die klem op ondersteunende noodhulp en nie primêre noodhulp nie. Verskeie ander organisasies is verantwoordelik vir primêre reaksies. ‘n Voorbeeld hiervan is die Stad Kaapstad Munisipaliteit, wat ‘n primêre reaksie bied deur in die eerste 2 tot 3 dae aan die onmiddellike en basiese behoeftes te voldoen, en RESPOND bied ‘n ondersteunende reaksie in die dae en weke na rampe.

Wat is ‘n ramp? Rampe is ernstige ontwrigtings van die werking van ‘n gemeenskap wat sy vermoë om te copeer met sy eie hulpbronne oorskry. Rampe kan veroorsaak word deur natuurlike, deur mense veroorsaakte en selfs tegnologiese gevare. Verskeie faktore beïnvloed die blootstelling en kwesbaarheid van ‘n gemeenskap, bv. brande, vloede, burgerlike onrus en pandemies.

Rampe verskil in rampreaksie; rampe verskil in grootte en omvang wat verskillende vlakke van reaksie en samewerking vereis. Daar is vyf fases van rampreaksie, naamlik voorkoming, versagting, paraatheid, reaksie en herstel.

Soos ons ons winterseisoen betree, berei ons voor vir moontlike rampe deur komberse en musse in te samel, die reserwevoorraad is tans op 25%. Of jy nou brei of ‘n kombers of mussies koop, ons het jou hulp dringend nodig! Los komberse en mussies by jou plaaslike NG of VG kerk en ons sal reël vir aflewering by die RESPOND pakhuis. Of anders kan jy ‘n finansiële bydrae tot die saak maak.

Saam kan ons hierdie winter net ‘n bietjie warmer maak.

Vir meer inligting kontak Diaconia gerus by 021 957 7109 of stuur ‘n e-pos na diaconia@kaapkerk.co.za.

Diaconia
Nedbank
Rekeningnommer: 1135900337
Takkode:  198764
Verwysing: D02 Winter

Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook:
  • Hefsiba – ‘n Lig in donker tye

  • Riglyne vir VrydagNuus bydraes

  • “Sextortion” (seksuele afpersing) in Suid-Afrika