Aneleh Fourie herinner gemeentes en gelowiges namens CABSA en die Gesamentlike Vigstaakgroep daaraan dat Sondag 17 Mei Vigsherdenkingsondag is. “In ‘n tyd waarin ons almal die effek van die COVID-epidemie op een of ander manier voel, moet ons mekaar ook net weer herinner aan van die ander epidemies wat al veel langer en heelwat stiller om ons woed. Met ongeveer 7.7 miljoen mense net in Suid-Afrika wat met MIV leef en daaglikse Vigsverwante sterftes, is dit steeds belangrik en ook dringend om hierdie Sondag bewusmaking van en solidariteit met mense wat met MIV lewe te verskerp.

Erediensriglyne is vanjaar aangepas vir die huidige konteks en sluit ook ‘n persoonlike refleksie in wat individue of gesinne tuis op hulle eie kan doen. Ons wil graag ‘n beroep op elkeen doen om in die afwesigheid van ons openbare eredienste tog moeite te doen om bewusmaking en solidariteit te bevorder.” Klik hier om dokument af te laai.

Vir meer inligting, kontak Aneleh by management@cabsa.org.za of 083 292 5358. Sien hulpbronne van #candlelightmemorial2020 hier.