Kom kuier op 24 Maart vanaf 09h00 saam met NG Gemeente Sonstraal wanneer ons basaar hou by Curro Durbanville, Momento-rylaan. Daar word van vroegdag af vleis gebraai en gekuier. Daar gaan hope eetgoed wees soos vetkoek, basaarpoeding, heerlike tuisgebakte koek en beskuit. Te veel om op te noem, maar alles wat die maag en hart begeer.

Kom koop die oulikste handgemaakte geskenke by die vintage-tafel en die witolifant-tafel is vol winskope.

Almal is welkom!

Skakel die kerkkantoor by 021 976 1236 vir meer inligting.